Nojoto: Largest Storytelling Platform

MASKERSPEL ek kruip agter baie maskers weg verska

MASKERSPEL

ek kruip agter baie maskers weg
verskans myself agter verbrokkelde murasie mure
halfversteke agter flardes van ‘n sluier

ek skuil verward tussen leë leuns
en vervreemde waarheid
ek goël met geloofwaardigheid
en toor met truïsmes

die verveelde trane wat van my oë drup
smaak sout soos die see
en leeg soos bloed

ek ken iemand wat iemand ken
wat my ken
soos ‘n feëverhaal
soos ‘n stadslegende

ek speel baie rolle
van hofnar tot laksman
van gebroke maagd
tot heilige hoer

ek kruisig myself aan die wandade van my verlede
en eis vergifnis
van die onkunde van my toekoms

ek vergewe my sondes in die weerloosheid van my menswees
doop my daagliks in verwyt en venyn
tussen my vreugdes en tussen my pyn
kruip ek steeds weg 

agter baie maskers

-GiVan-
MASKERSPEL

ek kruip agter baie maskers weg
verskans myself agter verbrokkelde murasie mure
halfversteke agter flardes van ‘n sluier

ek skuil verward tussen leë leuns
en vervreemde waarheid
ek goël met geloofwaardigheid
en toor met truïsmes

die verveelde trane wat van my oë drup
smaak sout soos die see
en leeg soos bloed

ek ken iemand wat iemand ken
wat my ken
soos ‘n feëverhaal
soos ‘n stadslegende

ek speel baie rolle
van hofnar tot laksman
van gebroke maagd
tot heilige hoer

ek kruisig myself aan die wandade van my verlede
en eis vergifnis
van die onkunde van my toekoms

ek vergewe my sondes in die weerloosheid van my menswees
doop my daagliks in verwyt en venyn
tussen my vreugdes en tussen my pyn
kruip ek steeds weg 

agter baie maskers

-GiVan-
Home
Explore
Events
Notification
Profile